Die Chinese Kommunistiese Party herskryf die Bybel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Chinese Kommunistiese Party (CKP) werk glo aan sy eie vertaling van wat dit die Chinese Christelike Bybel noem.
As deel van Xi Jinping se “Sinisering van die Christendom”-veldtog beplan die CKP om te verseker dat die Christendom in China met sogenaamde kern-sosialistiese waardes ingeprent word.
Alhoewel dit nog nie die beplande Bybelprojek voltooi het nie, het die CKP reeds die 10 Gebooie verander na nege, toe ses, en toe nul.
In 2018 het owerhede ‘n staatsgoedgekeurde kerk gedwing om die Eerste Gebod, “Jy mag geen ander gode voor My hê nie,” te skrap. Later daardie jaar het die regering die kurrikulum van ‘n Sondagskool in Hong Kong verander en die eerste vier Gebooie, alle verwysings na “die Here” en die hele boek Genesis verwyder.
Xi poog om die Evangelie in ‘n kommunistiese Bybel te omskep, waar die CKP die enigste hoër mag is.








Comments