top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Civil Society SA soek bewyse agter voorgestelde wapenwetgewing

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29
1 min read

Die burgerregtegroep Civil Society South Africa (CSSA) het twee aansoeke ingedien om toegang te verkry tot die volledige bewysstukke en beleidsrekord agter die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer.


Die aansoeke ingevolge die Bevordering van Toegang tot Inligting-wet is by die Presidensie en die inligtingsbeampte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingedien.


CSSA sê die aansoeke is gemik op rekords wat handel oor die wetsontwerp se moontlike gevolge vir openbare veiligheid, geweldsmisdaad, wettige selfverdediging en onwettige vuurwapens.


Die organisasie wil toegang hê tot navorsing, regsmenings, misdaadstatistieke en sosio-ekonomiese impakstudies wat verband hou met die voorgestelde wetgewing.


Ter illustrasie. FOTO: Civil Society South Africa
Ter illustrasie. FOTO: Civil Society South Africa

 
 
 

Comments


bottom of page