top of page

Die CRC-leier is stilweg 'n jaar reeds geskei

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 21, 2025
  • 1 min read

Die leier van een van die grootste charismatiese kerkgroepe in die land, pastoor At Boshoff, is glo meer as ’n jaar gelede stilweg van sy vrou geskei sonder om sy duisende gemeentelede daarvan te sê.

Nyretta Boshoff is ook 'n pastoor by die Christian Revival Church (CRC), asook hoof van die musiekbediening in die CRC-gemeentes in Bloemfontein, Pretoria en Johannesburg.

Rapport berig 'n voormalige redakteur van die Christelike tydskrif, Parable, Solomon Ashoms, het verlede week die tyding oor die egsaak op YouTube gepubliseer. Dit is glo reeds in Oktober 2024 op die onbestrede hofrol geplaas.

Ashoms, wat jare lank met die CRC in ’n regsgeding gewikkel was, sê in die video dit bekommer hom dat die gemeentelede nie van die verwikkeling in hul pastoorpaar se huwelik ingelig is nie.

Die CRC sê egter die kerkbestuur was deurgaans bewus van die huweliksprobleme. Die kwessie is volgens die kerk 'n private saak, en die CRC wou nie bevestig wanneer die egskeiding gefinaliseer was nie.

Die Boshoffs het in die 1990’s saam hul eerste suksesvolle kerk in Ladybrand begin, en daarna die eerste CRC-gemeente in Bloemfontein.

At Boshoff. FOTO: CRC
At Boshoff. FOTO: CRC

2 Comments

Boendoes Erasmus
Boendoes Erasmus
Dec 24, 2025

“Beware of false prophets, who come to you in sheep’s clothing, but inwardly they are ravenous wolves. You will know them by their fruits. Do men gather grapes from thornbushes or figs from thistles? Even so, every good tree bears good fruit, but a bad tree bears bad fruit. A good tree cannot bear bad fruit, nor can a bad tree bear good fruit. Every tree that does not bear good fruit is cut down and thrown into the fire. Therefore by their fruits you will know them.”

Like

bottom of page