RUGBY: Die Curriebeker-reeks se halfeindstryd is hier

Die halfeindstryd van die Curriebeker-reeks vind Sondag plaas met die verdedigende kampioen, die Griekwas, wat teen die Leeus in Kimberley te staan kom. Die Cheetahs pak die Pumas in die ander uitspeelwedstryd in Bloemfontein.
Die Pumas moes die Cheetahs in die laaste ronde klop om tot die halfeindstryd deur te dring. SABC-sport berig die Griekwas en Leeus het in verlede jaar se eindstryd kragte gemeet en die Leeus het nou 'n appeltjie te skil.
Wind en reën kan 'n rol speel.
Die Griekwas se afrigter Pieter Bergh sê sy span se oorwinning teen Boland op 'n swaar veld in Wellington verlede naweek was die ideale voorbereiding. Die Griekwas en Leeus se wedstryd is om 13:00 in Kimberley. Die Cheetahs en die Pumas speel om 15:30 in Bloemfontein.








Comments