Die DA beskuldig minister Nkabane daarvan dat sy aanspreeklikheid ontduik
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 19, 2025
- 1 min read
Die DA het die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, gekritiseer omdat sy nie ‘n portefeuljekomiteevergadering bygewoon het nie. Die DA se Karabo Khakhau sê Nkabane het gekies om Tvet-kollegekwessies in die Oos-Kaap aan te spreek, al is dit ‘n taak wat vir haar adjunkminister, Buti Manamela, gedelegeer moes word. Sy beskuldig die minister daarvan dat sy doelbewus nie aanspreeklikheid aanvaar nie, en dat haar afwesigheid minagting vir die komitee en die publiek toon. Kakhau eis dat adjunkpresident Paul Mashatile optree en dat president Cyril Ramaphosa vir Nkabane moet afdank.






Comments