Die DA dring aan op dringende optrede teen onwettige nedersettings in Clocolan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 24, 2025
- 1 min read
Die Demokratiese Alliansie (DA) dring daarop aan dat die Setsoto Plaaslike Munisipaliteit dringend optree om onwettige informele nedersettings in Clocolan, bekend as Vooruitzicht, aan te spreek. Volgens ’n mediaverklaring sê die DA raadslid, Jose Coetzee, dat die munisipaliteit hul uitsettingsaansoek moet finaliseer om die groeiende krisis te stop. Sedert 2023 het onwettige bewoners glo toegeneem en het die nedersetting na ’n nuwe gebied, Sone 14, uitgebrei. Volgens die DA bedreig hierdie situasie glo dorpsbeplanning en vertraag dit wettige behuisingsprojekte.







Comments