top of page

Die DA eis antwoorde van Centlec

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 24
  • 1 min read

Die DA in die Mangaung Metro Munisipaliteit is baie bekommerd oor die twee onlangse kragonderbrekings in die noordelike areas van die stad.


Dit kom terwyl Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ook ‘n verklaring uitgereik het dat Universitas, Willows en Parkwes ook nou sonder krag is.


Die DA sê in ‘n verklaring dit wys op kwesbaarheid in die kritiese elektrisiteitinfrastruktuur. Terwyl die party die tegnici wat werk om verdere skade te voorkom bedank, lig hy uit dat die werklike kwessie by swak regering, onderhoud en risikobestuur lê.


Die DA se woordvoerder, Rudi Maartens, sê gevolglik word kos in yskaste vrot, en met hoë lewenskoste kan inwoners nie bekostig om huishoudelike toestelle en kos te verloor nie.


LUISTER:


Rudi Maartens

FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf


 
 
 

Comments


bottom of page