Die DA eis dat Vrystaatse regering moet pa staan vir swak water- en sanitasiedienste
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 9
- 1 min read
Die DA in die Vrystaat sê die provinsiale regering moet verantwoordelikheid neem vir die ineenstorting van water- en sanitasiedienste in die provinsie.
Dit is weens die voortdurende rioolvrystellings in riviere, wat byna 20 miljoen Suid-Afrikaners bedreig aangesien besoedeling in die Vaaldam en ander watersisteme invloei.
Die Ouditeur-generaal het ook bevestig dat geen munisipaliteit in die Vrystaat ’n skoon oudit behaal het nie.
ʼn Lid van die provinsiale regering se Geselekteerde Komitee van Plaaslike Regering en Water en Sanitasie, Igor Scheurkogel, sê hofbevele word geïgnoreer, toesighoudende liggame word verontagsaam, en amptenare staar geen persoonlike gevolge in die gesig nie.
LUISTER:





Comments