Die DA eis dringende optrede nadat ’n tiende vrou dood aangetref is

1 day ago
1 min read
Die DA eis dringende optrede nadat ’n tiende vrou binne twee maande dood in Ekurhuleni, Gauteng, aangetref is.
Die DA se burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê die party wil hê die polisiebestuur moet verantwoording doen vir mislukkings in polisiëring.
Die DA het ook ’n parlementêre debat oor geweldsmisdaad in Ekurhuleni vir Dinsdag gereël.
Rasilingwane dring aan op verhoogde sigbare polisiëring, nouer samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Ekurhuleni-metropolisie, wetstoepassing met beter hulpbronne, funksionele straatligte en veiliger openbare ruimtes.
Die DA sê ondersoeke moet die skuldiges identifiseer en vervolg.








Comments