Die DA eis 'n permanente polisieminister
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 11
- 1 min read
Die DA se leier, Geordin Hill-Lewis, versoek president Cyril Ramaphosa om ‘n permanente minister van Polisie aan te stel.
Ramaphosa het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, in Julie verlede jaar op spesiale verlof geplaas na bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi. Die president het toe aangekondig dat Firoz Cachalia die waarnemende minister van Polisie sal wees.
Die DA het Vrydag ‘n optog teen misdaad in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap gelei. Hill-Lewis het die ondersteuners toegespreek en beklemtoon dat fondse vermors word terwyl geen minister van Polisie aangestel is nie.
LUISTER HIER:
Geordin Hill-Lewis








Comments