Die DA en die SAKP sit nie om dieselfde vuur oor die mini-begroting
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 13
- 1 min read
Die DA sê die 2025 mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring dui op ’n positiewe stap vir Suid-Afrika se openbare finansies.
Die DA-woordvoerder vir finansies, Mark Burke, beklemtoon dat staatskuld vanjaar stabiliseer en ’n kleiner-as-verwagte tekort vordering toon.
Die eerste tekens van ’n bestedingsoorsig kan R6,7 miljard bespaar, terwyl byna 9 000 gevalle van spookwerkers geïdentifiseer is.
Die begroting ondersteun ook gerigte besteding aan digitalisering en vroeë kinderontwikkeling. Burke sê die party is verder tevrede met die besluit om die inflasieteiken te verlaag.
LUISTER:
Intussen versoek die SAKP die werkersklas om teen neoliberalisme en kapitalisme te verenig.
Die party sê die verklaring toon dat die regering van ontwikkelingsfiskale beleid na besparingsmaatreëls oorgeskakel het.
Die SAKP sê dat hulle sal voortgaan om die samelewing hierteen op te voed en te mobiliseer om die terrein te verskuif.






Comments