top of page

Die DA en VF Plus stamp koppe oor 'n parlementêre verslag oor plaasaanvalle

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

Die VF Plus het teen ’n historiese parlementêre verslag oor plaasaanvalle en landelike misdaad gestem.

Die DA het dié stap gekritiseer, maar die VF Plus sê die verslag wil van boere die sondebokke maak, en dat dit nie plaasmoorde as prioriteitsmisdaad aanspreek nie.

Die VF Plus was ook ontevrede dat die verslag geen melding gemaak het van die sing van die omstrede "Kill the Boer"-lied nie.

Die DA se nasionale- en landbou woordvoerder, Willie Aucamp, sê dat die verslag nié boere blameer nie, maar eerder regverdige beskerming vir alle landelike inwoners beoog.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page