top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die DA gaan nie die mosie van wantroue teen Didiza steun nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 26
1 min read

Die DA sal die EFF se mosie van wantroue teen die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, teenstaan.


Die mosie, wat Woensdag ter tafel gelê sal word, hou verband met Didiza se hantering van die afsettingsproses teen president Cyril Ramaphosa. Die EFF voer aan dat sy nie daarin geslaag het om die parlement te beskerm deur te kies om nie Ramaphosa se hofaansoek om die verrigtinge te staak, teen te staan nie.


Die DA-parlementslid George Michalakis sê hy glo dat dit voortydig sou wees om Didiza op hierdie stadium te verwyder.


LUISTER HIER:


George Michalakis

George Michalakis. FOTO: DA
George Michalakis. FOTO: DA

 
 
 

Comments


bottom of page