'Die DA gaan Ramaphosa nie beskerm nie'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 15
- 1 min read
Die tweede grootste party binne die regering van nasionale eenheid, die DA, het ʼn skerp waarskuwing gerig dat president Cyril Ramaphosa nie beskerm sal word binne die proses van moontlike afsetting nie.
Die DA sê die president sal nie noodwendig die party se steun hê as ʼn afsettingskomitee van 31 lede hom skuldig bevind aan die skending van sy ampseed nie. Die president verkeer onder toenemende druk weens die Phala Phala voorval van 2020.
Die DA se nuut aangestelde parlementêre leier, George Michalakis, sê die president sal verantwoordbaar gehou word.








Comments