top of page

'n Gesamentlike vlootoefening in SA word dalk uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 5
  • 1 min read

Suid-Afrika se Departement van Verdediging is besig met gesprekke oor die moontlike uitstel van ʼn gesamentlike vlootoefening tussen Suid-Afrika, Rusland en China. Die beoogde militêre oefening is volgens Maroela Media vir November beplan, wanneer die leiersberaad van die G20 in Suid-Afrika aangebied word. Dit is die eerste keer dat ʼn Afrika-land die beraad aanbied en met die November-byeenkoms kom Suid-Afrika se voorsitterskap van die G20 ook tot ʼn einde. Die VSA neem dan die G20-leisels oor. Volgens ‘n woordvoerder van die weermag, Siphiwe Dlamini, is Suid-Afrika se deelname aan militêre oefeninge van hierdie aard deel van die bevordering van gesonde multilaterale en bilaterale betrekkinge.

 
 
 

Comments


bottom of page