Die DA het 'n klag teen Gayton McKenzie ingedien
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 24
- 1 min read
Die DA het 'n klag by die Openbare Beskermer teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, ingedien.
Die party vra dat klagtes van onder meer beweerde wanadministrasie, magsmisbruik, onbehoorlike bevoordeling en 'n moontlike botsing van belange ondersoek word.
Maroela Media berig die DA se woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, Leah Potgieter, sê die klagtes sluit in 'n moontlike botsing tussen McKenzie se ampsverantwoordelikhede en sy party-politieke belange.
'n Deel van die klag handel oor byna R31 miljoen se besteding wat volgens die DA met die pas afgelope FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi verband hou. Dit sluit in R7,9 miljoen vir amptelike reise. Potgieter sê dit is 'n hoogs verdagte bedrag om te bestee aan slegs 18 mense vir een reis.
Potgieter sê die besteding moet ook gesien word in die lig van die finansiële druk waaronder Suid-Afrikaanse sportfederasies en atlete gebuk gaan.








Comments