top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die DA is teen Mangaung se begroting gekant

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 29
  • 1 min read

Die DA gaan die Mangaung-metro se voorgestelde mediumtermynbegroting vir 2026 tot 2029, sowel as die voorgestelde tariefverhogings, teenstaan.


Die Mangaung-metro se begrotingsrede is Donderdag in die stad gelewer.


Die DA se burgemeesterskandidaat vir Mangaung, Werner Pretorius, sê die party se ontleding van die voorgestelde begroting wys dat die metro inwoners vra om meer te betaal vir dienste, maar sonder om te bewys dat hoër tariewe tot beter dienslewering gaan lei.


Volgens Maroela Media sê hy Mangaung se finansiële posisie wek ernstige kommer oor of die begroting geloofwaardig, bekostigbaar en werklik befonds is. Hy voer aan dat die ANC nie kan verduidelik waarom inwoners nog ʼn begroting moet vertrou wat volgens hom op onrealistiese aannames en verbreekte beloftes gebou is nie. Hy waarsku verder dat ʼn begroting wat op papier gebalanseerd lyk, maar op onrealistiese aannames gegrond is, net nóg ʼn verbreekte belofte aan inwoners is wat reeds betaal vir dienste wat hulle nie deurlopend ontvang nie.


Die voorgestelde verhogings in waterheffings en eiendomsverwante tariewe gaan werkende gesinne, pensioenarisse en werksoekers die swaarste tref. Hy meen ondernemings word ook met onredelike heffings belas wat dit moeiliker maak om in Mangaung te belê, werk in die gebied te skep en die ekonomie te laat groei.


Werner Pretorius. FOTO: Facebook
Werner Pretorius. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page