Die DA kap terug oor 'waninligting'
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die DA in die Mangaung-metro beskuldig die stad se uitvoerende burgemeester daarvan dat hy waninligting versprei oor die toekenning van residensiële erwe.
Volgens ’n mediaverklaring is dit nie waar dat die DA regsaksie ingestel het om grondtoekenning in die metro te stuit nie.
Die party sê daar is geen hofbevel wat ontwikkeling in gebiede soos Sepane, Thaba Nchu of naby Grootvlei keer nie.
Die enigste regsaksie hou verband met Brandkop, waar daar volgens die DA nie aan beplanningswetgewing voldoen is nie.
Die DA hou vol dat hulle die beskikbaarstelling van grond ondersteun, maar sê dit moet met basiese dienste geskied om volhoubare nedersettings te verseker.
Raadslid Greg van Noord sê die burgemeester moet ophou om waninligting te versprei en eerder fokus op volhoubare behuising.








Comments