Die DA maak ’n voorstel om stabiliteit in munisipaliteite sonder volstrekte meerderhede te verseker

20 minutes ago
1 min read
Die DA het ’n voorstel aan die ANC gemaak om stabiele regering in munisipaliteite sonder volstrekte meerderhede te verseker.
Daar is minstens 137 sulke munisipaliteite waar geen politieke party ’n volstrekte meerderheid in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing behaal het nie.
Die DA sê sy voorstel sal stabiliteit in dié munisipaliteite bevorder, stabiliteit op plaaslike en nasionale regeringsvlak versterk, en meer beweegruimte in onderhandelinge oor die bestuur van metro's bied.
Die ANC sal na verwagting Maandag ’n aankondiging doen oor sy onderhandelinge met ander politieke partye.










Comments