top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie word in beeld vasgevang waar hulle na bewering geld ontvang

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
10 minutes ago
1 min read

Die polisie in Gauteng stel ondersoek in ná ’n video wyd op sosiale media versprei is wat na bewering wys hoe polisiebeamptes vermoedelik geld van ’n lid van die publiek ontvang terwyl hulle in ’n gemerkte polisievoertuig sit.


In die video van sowat 60 sekondes kan gesien word hoe die polisievoertuig langs die pad stilhou terwyl 'n man met ’n blou moulose hemp die voertuig nader. Hy het teen die voertuig geleun en met die beamptes gepraat voordat hy weggestap het.


In die beeldmateriaal is dit duidelik sigbaarbaar dat die tweede persoon wat die voertuig nader, iets uit sy broeksak haal en aan die beamptes oorhandig. Daar word vermoed dat dit geld is.


Maroela Media berig die provinsiale kommissaris in Gauteng, Lt.genl. Tommy Mthombeni, sê interne dissiplinêre stappe sal teen die beamptes ingestel word sodra hulle geïdentifiseer is en ’n strafsaak met moontlike aanklagte van korrupsie of afpersing kan ook volg.


'n Skermgreep uit die video. FOTO: Maroela Media
'n Skermgreep uit die video. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page