top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Geliefde Bfn juffrou is dood aan breinkanker

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
57 minutes ago
1 min read

’n Geliefde onderwyseres van Bloemfontein is Saterdag in ’n hospies in Bloemfontein oorlede ná ’n stryd teen breinkanker.


Netwerk24 berig Lienkie Marais was ’n onderwyseres aan die Dr Viljoen Combined School in die stad. Haar man, Johan, is ’n leraar van die NG kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein.


Johan sê sy vrou se kankerstryd het in November 2012 begin toe ’n graad 2-breingewas by haar gediagnoseer is. Die breingewas is agt dae later suksesvol chirurgies verwyder.


Die gesin het egter in Februarie vanjaar die nuus ontvang dat Lienkie se breingewas terug is.


Sy kon hul dogter Irene se troue in Mei bywoon, en in dié tyd het hul seun, Petrus, verloof geraak, en hul jongste dogter, Helena, het haar 21ste verjaardag gevier.


Die Dr Viljoen Combined School het ook ’n huldeblyk gedeel.


Lienkie Marais. FOTO: Facebook
Lienkie Marais. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page