Die DA se nuwe leierskap word deur jongmense oorheers
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 13
- 1 min read
Die DA se nuwe leierskap word deur jongmense oorheers. Uit die nuutverkose top 10 is slegs twee mense 50 jaar en ouer.
Die party het Sondag sy nuwe nasionale leierskapstruktuur verkies, met Geordin Hill-Lewis as die nuwe leier. Ander leiers sluit in Solly Msimanga as die federale voorsitter en Siviwe Gwarube, Cilliers Brink en Solly Malatsi as adjunk voorsitters. Die nuutverkose jong leiers het hul vasberadenheid uitgespreek om nie die bal te laat val nie.
Hill-Lewis sê sy grootste doelwit as die nuwe leier van die party is om ʼn beter Suid-Afrika vir almal wat daarin woon, te verseker.
Klank – Geordin Hill-Lewis – van Ilde
Intussen wil die DA wil sy verhouding met tradisionele leiers verbeter, en die party het ʼn resolusie in dié verband aanvaar. Daar is voorgestel dat ʼn direktoraat op die been gebring word sodat die DA beter met tradisionele leiers kan saamwerk.
Die party meen die land se tradisionele leiers het vertroue in die ANC verloor.








Comments