Die DA vra dat vier politieke partye se kandidatelyste tersyde gestel word

Die DA versoek dat vier politieke partye se kandidatelyste tersyde gestel word, omdat hulle elkeen net een naam op hul lys vir proporsionele verteenwoordiging (PR) het. Dit sluit in ActionSA, die EFF, die MK-party en Good.
Die DA beskuldig die vier partye daarvan dat hulle hul PR-lyste verdoesel het.
Netwerk24 berig ActionSA voer aan hy het geen wet oortree nie en daar is geen rede vir wantroue of bewys van bedrog oor sy besluit om slegs een naam vir die munisipale verkiesing in November te lys nie. ActionSA se Mfundo Salukazana sê kiesers stem vir 'n party, en nie vir kandidate nie.
Die DA se Anton Katz sê egter kiesers moet weet wie op ’n party se lys is sodat hulle weet vir wie hulle gaan stem.
Die Verkiesingskommissie (OVK) sê geen wet bepaal hoe lank die kandidatelyste moet wees nie. Dit kan wel later vir die OVK problematies wees as al die partye net een naam op hul PR-lyste aangee.









Comments