Die DA vra vir aanspreeklikheid oor die Bloemfonteinse Dieretuin
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jun 16
- 1 min read
Die DA in Mangaung vra vir groter aanspreeklikheid oor die Bloemfonteinse Dieretuin nadat altesaam R37,8 miljoen vir die opgradering en herontwikkeling van die fasiliteit bewillig is, terwyl die dieretuin steeds gesluit bly.
My City Bloemfontein berig volgens DA-raadslid Dirk Kotze het ’n onlangse oorsigbesoek getoon dat daar geen diere sigbaar is nie en min aanduiding dat die omvangryke herontwikkelingswerk naby voltooiing is. Die party bevraagteken daarom hoe die fondse bestee is en watter vordering tot dusver gemaak is.
Die DA vra dat die Stadsbestuurder ’n volledige verslag aan die raad voorlê en wil ook hê dat die kontrakte en vordering van die projek ondersoek moet word. Volgens die party verdien inwoners duidelikheid oor die besteding van die geld, die opgraderings wat reeds voltooi is en wanneer die dieretuin na verwagting weer vir die publiek sal oopmaak.








Comments