Die DA vra vir meer tyd vir koalisieonderhandelinge

Nov 16
1 min read
Die DA doen ’n beroep op die minister van Samewerkende Regering, Velenkosini Hlabisa, om in te gryp oor munisipale bestuurders wat na bewering raadsvergaderings vir die inhuldiging van nuwe rade aanjaag terwyl koalisieonderhandelinge steeds aan die gang is.
Die party sê kennisgewings vir sommige vergaderings is uitgereik voordat die Onafhanklike Verkiesingskommissie verlede Vrydag die name van verkose raadslede in die Staatskoerant gepubliseer het.
Die DA voer aan dat munisipaliteite 14 dae het om dié vergaderings te belê en partye redelike tyd moet gun om oor stabiele koalisieregerings te onderhandel.










Comments