top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die DA vra vir 'n verlenging van die brandstofheffingverligting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 minutes ago
  • 1 min read

Die DA doen ’n beroep op die minister van finansies om die brandstofheffingverligting met minstens nog ’n maand te verleng. Die tydelike verlaging van drie rand, wat verlede maand ingestel is om die impak van stygende wêreldoliepryse weens die voortgesette Midde-Ooste-konflik te verlig, verval op 5 Mei. 


Die DA se Mark Burke waarsku dat die beëindiging daarvan hoër inflasie en stadiger ekonomiese groei kan veroorsaak. Hy sê die party sal druk uitoefen vir ’n verlenging en stel voor dat surplusfondse, insluitend dié by die Vergoedingsfonds, gebruik kan word.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page