Die DA wil verhoed dat Nersa se tarieffout weer voorkom
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 20
- 1 min read
Die DA gaan ʼn wysigingswetsontwerp by die parlement indien om te verhoed dat foute soos Nersa se R54 miljard tarieffout weer voorkom.
Die DA se woordvoerder oor elektrisiteit en energie, Kevin Mileham, sê die fout wat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) verlede jaar gemaak het, sal na verwagting minstens 41 000 werksgeleenthede kos, namate hoër elektrisiteitstariewe in werking tree.
Maroela Media berig volgens Mileham toon Nersa se eie ekonomiese impakstudie dat die regstelling van die fout huishoudelike inkomste met R10 miljard sal verminder. Hy voer aan die probleem is nie bloot ʼn eenmalige tarieffout nie, maar dui op tekortkominge in die wetgewing waarvolgens Nersa funksioneer.
Volgens die party is sy voorgestelde wysigingswetsontwerp op elektrisiteitsregulering se doel om te verseker dat elektrisiteitstariewe deur ʼn deursigtige, verantwoordbare en wettige proses bepaal word.
Volgens Mileham behoort tariefbesluite, wat miljoene mense raak, van meet af aan deursigtig te wees, eerder as dat daar jaar ná jaar na die howe gewend moet word om besluite tersyde te laat stel.








Comments