Die Dameskring beraadslaag in Bloemfontein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 8, 2025
- 1 min read
Dit is vanjaar Die Dameskring se 32e tweejaarlikse nasionale beraad, en 160 vroue van regoor die land is tans op pad na Bloemfontein.
Die organisasie se president, Elphi Taljaard, sê aan Rosestad-nuus hulle is ’n landwye organisasie vir Afrikaanse Christenvroue wat dit ten doel het om vroue in Suid-Afrika te inspireer en te bemagtig om as leiers en positiewe verskilmakers op te tree.
Tydens hul kuier in Bloemfontein sal hulle ‘n paar van die stad se besienswaardighede besoek, die Naval Hill Planetarium is vanaand hul eerste stop waarna die Vroue en Oorlogsmuseum onder andere later die week besoek sal word.
Die formele beraad, onder die tema Amandels van Hoop, vind Vrydag en Saterdag plaas.







Comments