Die datum van vanjaar se verkiesing is vasgestel
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die sewende demokratiese plaaslike regeringsverkiesing sal op 4 November vanjaar gehou word.
President Cyril Ramaphosa het die datum Donderdag by die Presidensiële Koördineringsraad in Boksburg aan die Oos-Rand aangekondig.
SABC-nuus berig verder die eerste kieserregistrasienaweek word op 20 en 21 Junie gehou. Die Verkiesingskommissie het vroeër gesê voorbereidings vir die verkiesing vorder en het 'n beroep op stemgeregtigdes gedoen om te registreer.








Comments