top of page

'n Dawson's Creek-ster is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 12
  • 1 min read

Die Amerikaanse akteur James Van Der Beek is in die ouderdom van 48 aan dikdermkanker oorlede.


Volgens BBC News het sy familie in ʼn verklaring gesê hy is vreedsaam oorlede nadat hy sy laaste dae met moed, geloof en waardigheid tegemoet gegaan het.


Van Der Beek, veral bekend vir sy hoofrol in die tienerreeks Dawson’s Creek, is in 2023 met stadium drie-dikdermkanker gediagnoseer en het die nuus in 2024 openbaar gemaak.


Die pa van ses het ná sy diagnose bewusmaking oor siftingstoetse bevorder.


Hy het gesê indien sy ervaring iemand anders kan help om vroeër getoets te word, sou dit vir hom betekenisvol wees.


James Van Der Beek. FOTO: Facebook
James Van Der Beek. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page