top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die departement moet planne voorsien oor Bfn se gesondheidsorgfasiliteite

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die gekose komitee oor maatskaplike dienste het die gesondheidsdepartement in die Vrystaat versoek om tydgebonde planne in te dien vir die verbetering van toestande in openbare gesondheidsorgfasiliteite in die Mangaung-metro.


Netwerk24 berig die komitee het verlede week ’n toesigbesoek aan fasiliteite in die munisipaliteit gebring, en het verskeie uitdagings waargeneem. Dit sluit in agterstande in die instandhouding van infrastruktuur, beperkings in die begroting, personeeltekorte en operasionele druk wat mediese nooddienste beïnvloed.


Die komitee het die departement sewe dae gegee om gedetailleerde antwoorde te verskaf. Dit sal deel uitmaak van die komitee se verslag en aanbevelings aan die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Monyatso Mahlatsi, en die nasionale departement van gesondheid.


Ondanks hierdie uitdagings het die komitee gesondheidswerkers, ondersteuningspersoneel en bestuur geprys vir hul toewyding onder veeleisende omstandighede. Die komitee was tevrede met die feit dat daar geen kinder- en moedersterftes by die MUCPP- emeenskapsgesondheidsentrum in die afgelope vyf jaar was nie, en ook met die vordering wat gemaak is met die konstruksie van die nuwe kraamsaal by die Pelonomi-hospitaal.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page