Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verwelkom ‘n voormalige werknemer se hofuitspraak
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 16
- 1 min read
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die Arbeidshof se uitspraak in sy saak teen sy voormalige stafhoof, Zanele Simmons, verwelkom.
Die Departement het Simmons verlede maand na bewerings van ernstige wangedrag geskors.
Die bewerings het die beweerde ongemagtigde gebruik van minister Nokuzola Tolashe se elektroniese handtekening ingesluit.
Sy word ook daarvan beskuldig dat sy ‘n personeellid se curriculum vitae vervals het.
Simmons het die departement hof toe gesleep om haar ontslag te betwis, maar die hof het haar aansoek van die hand gewys.






Comments