Die Departement van Water en Sanitasie sê hulle het meer as net twee damme gebou
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 16, 2025
- 1 min read
Die Departement van Water en Sanitasie sê dit nie waar dat die demokratiese regering slegs twee damme sedert 1994 gebou het nie. Dit volg na BusinessTech vroeër berig het dat die demokratiese administrasie slegs twee groot damme sedert 1994 gebou het, in vergelyking met die vorige regering wat 14 damme in 30 jaar gebou het. Daar word ook beweer die land se huidige wateruitdagings is te wyte aan ’n gebrek aan belegging in nuwe waterbroninfrastruktuur. Die departement sê tot op hede het die regering 62 damme van verskillende groottes gebou om te verseker dat die land waterseker is.






Comments