top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Destea-wildveiling genereer miljoene rande

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 25, 2025
1 min read

Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme (Destea) het hul 35ste jaarlikse wildveiling by Willem Pretorius-natuurreservaat naby Ventersburg aangebied. Die doel van dié veiling is om die wildbevolking by reservate in staatsbesit, te bestuur en om inkomste generering vir die provinsie te optimaliseer. Luidens ‘n plasing op die departement se sosiale media het die veiling meer as R12 miljoen vir die provinsiale skatkis gegeneer. Onderandere is ‘n trofeejagkonsessie by die Sandveld Natuurreservaat vir meer as R700 000 aan die hoogste bieër toegestaan. LUR Ketso Makume het die belangrikheid daarvan beklemtoon om dié oorde en reservate in staatsbesit te bewaar om sodoende die regering se betrokkenheid by die ekotoerisme-waardeketting te verseker.

 
 
 

Comments


bottom of page