top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die dodetal na die busongeluk op die N1 is hersien

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Jul 31
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het opgedateerde inligting uitgestuur wat die dodetal van Donderdagaand se busongeluk op die N1 naby Trompsburg van 12 na 10 hersien.


Departementele woordvoerder, Mondli Mvambi, sê weens die ernstige aard van die ongeluk is van die oorskot aanvanklik verkeerd uitgeken.


Hy sê ook teen 12:00 Vrydagmiddag was opruiming steeds aan die gang, met verkeer wat na ander roetes herlei word.


Intussen is al 65 mense wat in die busongeluk beseer is volgens kliniese riglyne getriageer.

Twaalf pasiënte is na die Pelonomi Trauma-hospitaal oorgeplaas, waar vier steeds in ’n kritieke toestand is, met een wat aan ‘n ventilator gekoppel is. Twee ander word vir ernstige beserings behandel, terwyl ses geringe beserings opgedoen het.



 
 
 

Comments


bottom of page