top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Drakensberg-kabelkarprojek kry nuwe momentum

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24
1 min read

Die beplande Drakensberg-kabelkarprojek het nuwe momentum gekry nadat KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Lesotho ooreengekom het om die projek verder te neem.


IOL berig die drie rolspelers het onlangs vergader en hul steun vir die voortsetting van die projek bevestig.


Lesotho het ook voorgestel dat 'n ski-oord aan sy kant van die grens ontwikkel word om toerisme verder te bevorder.


Die KwaZulu-Natalse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Musa Zondi, sê daar word beoog om teen die einde van die jaar beduidende vordering met die projek te maak.


Volgens hom sal beleggers intussen gewerf word om onder meer restaurante en verblyfgeriewe te ontwikkel.


Dit sodat die kabelkar deel van 'n groter toerismebestemming kan vorm.


Drakensberg. FOTO: Wikipedia
Drakensberg. FOTO: Wikipedia

 
 
 

Comments


bottom of page