top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die drempel vir ministers se ampsmotors is verhoog

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

Die prysdrempel vir ministers en adjunkministers se ampsmotors is van R800 000 tot R1,1 miljoen verhoog.


Volgens Maroela Media sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, die vorige drempel was nie voldoende om geskikte voertuie vir amptelike pligte aan te koop nie.


Hy sê departemente het dit al hoe moeiliker gevind om voertuie binne die begroting te kry, veral weens stygende pryse en inflasie.


Die nasionale tesourie se ontleding het ook gewys dat die waarde van die vorige drempel oor tyd afgeneem het.


Godongwana beklemtoon egter dat die nuwe bedrag nie ’n teiken is nie en dat departemente steeds aangemoedig word om goedkoper opsies te oorweeg waar moontlik.


Hy voeg by dat die aankoop van ampsvoertuie op nasionale en provinsiale vlak bestuur word, en dat koste jaarliks deur departemente gerapporteer moet word.


Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg
Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg

 
 
 

Comments


bottom of page