top of page

Die DWS gaan 'n saak teen Matjhabeng oor riool oopmaak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24, 2025
  • 1 min read

Die departement van water en sanitasie (DWS) in Bloemfontein gaan 'n kriminele saak teen die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit open.

Dit nadat die departement 'n ter plaatse besoek na Virginia onderneem het en bevind het daar is 'n akute, langdurige probleem met rioolwater wat reeds amper vier jaar duur.

Vista berig die DWS se David Thabana het ook, tesame met Virginia-inwoners, die plek besoek waar die rioolpyplyn vanaf Harmony na Virginia via die voetbrug rou riool in die Sandrivier in stort.

Een inwoner, Kevin Ostermeyer, sê slegs die simptome word aangespreek, en nie die oorsaak nie. Hy voeg by geen aksie word deur die munisipaliteit uitgevoer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page