top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Ebola-uitbraak in die Kongo is die dodelikste nóg

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 17
1 min read

Die Ebola-uitbraak in die Demokratiese Republiek van die Kongo het reeds 2 325 mense se lewens geëis en is nou die dodelikste uitbraak in die land se geskiedenis.


SABC News berig die land het altesaam 4 945 bevestigde gevalle aangeteken, nadat nog 101 gevalle binne 24 uur bevestig is.


Die sterftesyfer onder mense met ’n bevestigde infeksie het van sowat 20% vroeg in Junie tot 46% gestyg.


Kenners sê dit beteken egter nie noodwendig dat die virus dodeliker geword het nie, maar eerder dat gevalle steeds laat opgespoor word en mense nie betyds toegang tot sorg kry nie.


Daar is geen goedgekeurde entstof of behandeling vir dié Ebola-variant beskikbaar nie.


FOTO: AP News
FOTO: AP News

 
 
 

Comments


bottom of page