top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Ebola-uitbraak versprei vinniger as wat oorspronklik vermoed is

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat die Ebola-uitbraak in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) moontlik vinniger versprei as wat aanvanklik vermoed is.


Amptenare sê minstens 136 mense is dood, terwyl meer as 500 vermoedelike gevalle in die DRK aangemeld is en een sterfte in buurland Uganda bevestig is.


Die WGO sê ondersoeke dui daarop dat die virus reeds na ander provinsies en oor landsgrense versprei het.


Gesondheidskundiges waarsku dat die werklike omvang van infeksies veel groter kan wees as huidige syfers.


Ebola virus. FOTO: CDC
Ebola virus. FOTO: CDC

 
 
 

Comments


bottom of page