Die eerste dinosourusbeen van Antarktika is in ’n laai gevind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
’n Beskeie fossiel wat 40 jaar lank in ’n laai vergete gelê het, blyk die eerste dinosourusbeen ooit in Antarktika te wees.
Die BBC berig dat die fossiel in 1985 opgegrawe is, maar die span wat dit ontdek het, was nie seker wat dit was nie, daarom is dit in die geologieversameling van die British Antarctic Survey in Cambridge gestoor.
Nou is die fossiel bestudeer deur paleontoloë wat bevestig het dat dit ’n stuitjie van ’n tipe dinosourus is wat ’n Titanosaurus genoem word.
Hierdie groep het die grootste dinosourusse bevat wat ooit op die Aarde geleef het.








Comments