Die eerste groep troepe is tuis

Die eerste vlug met 249 SANDF-troepe het by die Waterkloof-lugmagbasis buite Pretoria geland. Die troepe was deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sending in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Eyewitness News berig hul tuiskoms volg ure nadat die minister van verdediging, Angie Motshekga, die media in Bloemfontein ingelig het dat hulle logistieke uitdagings ondervind het. Die troepe was veronderstel om Vrydag teen middagete by die Bloemspruit-lugmagbasis in Bloemfontein te land, maar het eers Vrydagaand gearriveer. Suid-Afrika het hul troepe verlede maand uit die DRK onttrek, nadat hulle 14 soldate in Januarie in 'n geveg met M23-rebelle naby Goma in die oostelike DRK verloor het.








Comments