Die eerste ronde vredesamesprekings tussen die VSA en Iran is afgesluit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 22
- 1 min read
Die eerste ronde samesprekings om ’n finale ooreenkoms te bereik om die konflik tussen die Verenigde State en Iran te beëindig, is in Switserland afgesluit. Bemiddelaars van Katar en Pakistan beskryf dit as bemoedigende vordering.
Die gesprekke volg op verlede week se memorandum van verstandhouding. Tegniese onderhandelinge sal na verwagting gedurende die week voortgaan. Volgens die bemiddelaars is ’n padkaart aanvaar om binne 60 dae ’n finale ooreenkoms te bereik, terwyl meganismes ingestel is om skeepvaart deur die Straat van Hormuz te beskerm en spanning in Libanon te help verminder.
Intussen het Iran aangekondiging dat hy die Straat van Hormuz weer gesluit het. Daarna het die president van die VSA, Donald Trump, weer gedreig om Iran aan te val.
Iran beskuldig die VSA daarvan dat hulle die bepalings van die memorandum van ooreenkoms tussen die twee nasies oortree het.
Trump sê Iran moet keer dat sy gevolmagtigde groepe probleme in Libanon veroorsaak.








Comments