top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die EFF en Afriforum pak mekaar buite die hof ná Malema se vonnisoplegging

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 17
  • 1 min read

’n Gespanne konfrontasie het plaasgevind tussen lede van die EFF en AfriForum buite die KuGompo City-landdroshof ná die vonnisoplegging van Julius Malema.


Malema is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer nadat hy ’n geweer in die openbaar afgevuur het. Hy is egter verlof tot appèl toegestaan en is op waarskuwing vrygelaat.


Tydens die konfrontasie het die adjunk-sekretaris-generaal van die EFF, Leigh-Ann Mathys, AfriForum-lede daarvan beskuldig dat hulle terroriste is, terwyl AfriForum se Jacques Broodryk sê die voorval toon die gewelddadige aard van die EFF.


Julius Malema. FOTO: EWN
Julius Malema. FOTO: EWN

Comments


bottom of page