top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die EFF hou vol dat Mabuyane se meestersgraad vals is

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Apr 19
  • 1 min read

Die EFF sê hy sal nie die Oos-Kaapse Premier, Oscar Mabuyane, om verskoning vra nie en daag hom eerder uit om te bewys dat hy 'n werklik 'n meestersgraad het. Die EFF-parlementslid, Mazwikayise Blose het só gereageer nadat Mabuyane met regstappe teen die EFF-leier, Julius Malema, gedreig het.


SABC News berig dit kom nadat Malema beweer het dat Mabuyane sy meestersgraad aan die Universiteit van Fort Hare op 'n bedrieglike wyse bekom het. Blose sê die bewerings teen Mabuyane kom uit verslae van die Spesiale Ondersoekeenheid. Die saak sal na verwagting in die hof betwis word.


FOTO: Polity
FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page