top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die EFF se wantrouemosie teen die speaker is aanvaar

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 30
  • 1 min read

Die EFF se wantrouemosie teen die speaker in die Nasionale Vergadering (NV), Thoko Didiza, is aanvaar en sal op die NV se ordelys geplaas word.


Netwerk24 berig die adjunkspeaker in die NV, Annelie Lotriet, het bevestig die mosie voldoen aan die nodige parlementêre vereistes.


Die mosie, wat in die naam van die EFF-leier Julius Malema ingedien is, eis Didiza se kop oor haar versuim om president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-hofaansoek teen te staan.


Volgens Didiza kan sy nie regstreeks by enige komitee van die NV betrokke raak nie.


Thoko Didiza. FOTO: Polity
Thoko Didiza. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page