top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die EFF stel ‘n wetsontwerp bekend om lenings te beperk

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 27, 2025
1 min read

Die EFF het ‘n wetsontwerp in die parlement ingedien wat daarop gemik is om lenings van internasionale instellings te beperk. Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Openbare Finansiële Bestuur is ‘n reaksie op die regering se lenings van miljarde rande van die Wêreldbank. Die jongste lening van ongeveer R26-miljard is vroeër hierdie maand aangekondig. Die befondsing is daarop gemik om die land se infrastruktuur te versterk. Volgens die EFF het die Tesourie die afgelope 15 jaar miljarde geleen om ekonomiese groei en stabiliteit te ondersteun, maar het nie daarin geslaag om te verseker dat sulke skuld werk skep en Suid-Afrikaners bevoordeel nie.

 
 
 

Comments


bottom of page