top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die EFF verwelkom die terugtrek van die Nasionale Kredietwetwysigingsregulasies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 12, 2025
1 min read

Die EFF sê hulle verwelkom die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se besluit om die Nasionale Kredietwetwysigingsregulasies terug te trek.

Die regulasies is verlede maand gepubliseer en het ten doel gehad om opvoedkundige instellings as verskaffers van kredietinligting aan te wys.

Die EFF sê dit sou studente op swartlyste geplaas het omdat hulle nie uitstaande fooie betaal nie.

Die party sê die besluit om die regulasies terug te trek, is as gevolg van volgehoue druk op die regering van nasionale eenheid.

 
 
 

Comments


bottom of page