top of page

Die EFF verwerp die gesondheidsdepartement se begrotingstemming

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 23
  • 1 min read

Die EFF het die Departement van Gesondheid se begrotingstemming verwerp.

Die EFF se parlementslid, Khanya Ceza, het Dinsdag die Nasionale Vergadering tydens die departementele begrotingstemmingsdebat toegespreek.

Ceza sê die departement het nie daarin geslaag om ‘n voldoende begroting te verskaf om infrastruktuurmislukking en dienslewering aan te spreek nie.

Ceza sê die gesondheidsorgstelsel lyk steeds soos die apartheid-infrastruktuurstelsel. Hy sê ook dit is stedelik-gesentreerd en teen armes gerig.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page