top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die EFF vra antwoorde oor werklose aptekers

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 21
  • 1 min read

Die EFF vra waarom gekwalifiseerde aptekers steeds werkloos is terwyl openbare hospitale met personeeltekorte sukkel.


Die party se parlementslid, Paulnita Marais, het die kwessie tydens ’n vergadering van die parlement se Portefeuljekomitee oor Gesondheid geopper.


Marais sê daar is steeds opgeleide farmaseutiese personeel wat werk soek ondanks tekorte in die openbare gesondheidstelsel.


Volgens haar wys die situasie op probleme met die beplanning van gesondheidswerkers en dienslewering in die openbare sektor.


Ter illustrsie. FOTO: Wix
Ter illustrsie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page